Hierdie subskripsie gee jou toegang tot al ons Graad 8 Wiskunde videos, werkkaarte en memos oor die volgende hoofstukke:
Telgetalle
Telgetalle en Natuurlike getalle: Kan jy teorie vrae oor telgetalle en natuurlike getalle beantwoord? Ons kyk hier in detail daarna.
Deelbaarheidsreels: Elke deelbaarheidsreel word bespreek
Faktore en Veelvoude: Die verskil tussen faktore en veelvoude word bespreek.
Priemfaktore: Priemfaktore is ‘n belangrike afdeling in graad 8 wiskunde. Ons kyk hier na hoe om ‘n groot getal te skryf as die product van sy priemfaktore.
KGV en GGF: Ons leer nou hoe om priemfaktorisering te gebruik om KGV en GGF te bereken.
Opsommend: Oefening van wat jy in ‘n toets of eksamen kan verwag.
Heelgetalle
Heelgetalle: Ons kyk na basiese optel, aftrek, vermenigvuldiging en deling somme.
Wortels
Wette en Voorbeelde: Die wette word bespreek. Jy moet somme kan doen waar jy hierdie wette toepas. Daarna kyk ons na die metode waar ons priemfaktorisering gebruik om die wortel van ‘n groot getal te bereken.
Breuke
Gewone breuke en desimale breuke: Ons kyk na verskillende soorte breuke en hoe om omskakelings tussen breuke te doen.
Algebra
Algebraise uitdrukkings: Hierdie is ‘n baie belangrike teorie afdeling. Jy moet vrae kan beantwoord oor die konstante term, die graad van die uitdrukking, hoeveel terme die uitdrukking bevat en jy moet die uitdrukking kan oorskryf in stygende en/of dalende magte.
Vereenvoudiging: Die belangrikste afdeling van graad 8 wiskunde. Kombinasie van algebra reels, wortels en heelgetale. Ons kyk hier na die verskillende algebra reels en ek doen ‘n paar voorbeeld somme.
Substitisie: Voorbeeld van substitusie somme.
aanlyn graad 8 wiskunde klasse
aanlyn graad 8 wiskunde klasse
Getalpatrone
Vind ‘n formule: Vind ‘n formule vir ‘n liniere getalpatroon.
Vergelykings
Vind die onbekende: Ons doen stap vir stap verduideliking oor hoe om die onbekende te bepaal. Ons kyk ook na twee spesiale soort vergelykings wat speciale antwoorde het.
Finansiele Wiskunde
Enkelvoudige Rente: Ons verduidelik die enkelvoudige rente formule en doen ‘n voorbeeld som.
Huurkoop: Hierdie is ‘n spesiale soort som. Ons verduidelik hoe om ‘n huurkoop som te doen.
BTW en persentasie toename: Daar is altyd ‘n omgekeerde BTW vragie in ‘n toets. Ons doen ‘n paar voorbeeldsomme om jou hiermee te help.
Wisselkoers: ‘n Paar voorbeeldsomme word gedoen
Opsomming
Meetkunde
Hoeke: Daar is baie teorie wat jy moet ken. Ons gaan deur alles.
Stelling van Pythagoras: Hierdie is ‘n belangrike afdeling in graad 8 meetkunde. Ons verduidelik Stelling van Pythagoras en doen voorbeelde.
Oppervlakte en Omtrek: Jy moet jou formules ken! Maar dit help baie om te verstaan waar hulle vandaan kom. Ons bespreek elke formule deur na die spesifieke vorm te kyk.
Volume en Totale buite oppervlakte: Jy moet jou formules ken! Maar dit help baie om te verstaan waar hulle vandaan kom. Ons bespreek elke formule deur na die spesifieke figuur te kyk.
Waarskynlikheid
Waarskynlikheid: Hierdie is ‘n baie kort hoofstuk. Ons bespreek die boom diagram.
Statistiek
Statistiek: Ons verduidelik hoe om die volgende van ‘n data stel te vind: minimum, maksimum, gemiddeld, modus.
Grafieke
Grafieke: Ons doen slegs ‘n inleiding tot grafieke in graad 8. Die volgende word bespreek: Die assestelsel asook hoe om ‘n koordinaatpunt op die assestelsel te plot.
Hersiening
Vraestel 1: ‘n Volledige vraestel 1. Maak seker jy kan die vraestel in die gegewe tyd doen. Indien nie, moet jy die areas waarmee jy nog nie gemaklik is nie identifiseer, weer die video kyk en dan nog voorbeelde uit ‘n boek soos die X Faktor of Pythagoras gaan doen. Indien jy steeds probleme het en hulp benodig, bespreek ‘n sessie by my op die TUTOR AANLYN blad.
Vraestel 2: ‘n Volledige vraestel 2. Maak seker jy kan die vraestel in die gegewe tyd doen. Indien nie, moet jy die areas waarmee jy nog nie gemaklik is nie identifiseer, weer die video kyk en dan nog voorbeelde uit ‘n boek soos die X Faktor of Pythagoras gaan doen. Indien jy steeds probleme het en hulp benodig, bespreek ‘n sessie by my op die TUTOR AANLYN blad.