1:1 TUTOR SESSIE: Graad 8 – 12

Home/BLIKBREIN PRODUKTE/1:1 TUTOR SESSIE: Graad 8 – 12

1:1 TUTOR SESSIE: Graad 8 – 12

R350.00

Beskikbare tye vir 1:1 klasse:

Kyk na ons aanlyn kalender

Category:

Description

Ek kan enige van jou vrae beantwoord en jou help met afdelings of hoofstukke wat jy dalk nog 1:1 hulp mee nodig het.

‘n Aanlyn tutor sessie kan ongelukkig nie die deel van wiskunde vervang waar jy self moet sit en die wiskunde oefen nie.  Maar dit kan jou baie help as jy dalk onseker is of vrae het of leiding nodig het in hoe om jouself so goed as moontlik vir ‘n toets of eksamen voor te berei.  Dit is vir my baie lekker om leerders te help en te motiveer om betyds te begin en reg te oefen.  Dit so belangrik om seker te maak dat as jy wel tyd aan wiskunde spandeer, dat jy dit die tyd werd maak en effektief werk en leer.

Daar is baie aspekte en areas van wiskunde oefen en voorbereiding.  Natuurlik help dit as mens ‘n wiskunde aanleg het.  Maar jy kan ‘n paar basiese dinge in plek kry wat ook ‘n groot rol speel.  Stel ‘n rooster op en beplan jou dae en weke. Kom in ‘n gewoonte om eerder vir korter tye maar meer gereeld wiskunde te oefen.  Leer om positief te wees teenoor die vak.  Hierdie faktore kan ‘n geweldige verskil maak op die langduur.  Ek kan jou hiermee ook help in so aanlyn sessie.

Go to Top