Bemagtig leerders.

Bou Suid-Afrika se toekoms.

Werk saam met Blikbrein om toegang tot hoëgehalte Wiskunde-onderrig vir leerders en skole regoor Suid-Afrika te borg.

Wat is die Blikbrein Skoolpakket?

Blikbrein bied KABV-gerigte hoërskool Wiskunde-videolesse in beide Engels en Afrikaans aan. Leerders kan lesse aanlyn stroom of dit via ons toepassing op hul fone aflaai vir aflyn gebruik – wat toegang verseker, in gebiede met beperkte internetkonneksie.

Die Blikbrein Skoolpakket laat individue of maatskappye toe om groepe leerders of selfs skole te borg, wat hulle vir een jaar lank volle toegang tot ons volledige Wiskundebiblioteek sal bied.

Waarom hierdie inisiatief ondersteun?

  • Verklein die hulpbron-gaping: Aflyn-toegang verseker dat elke leerder aan leer kan deelneem.

  • Hoëgehalte Wiskunde-inhoud: KABV-gerigte videolesse vir grade 8–12.

  • Tweetalige toegang: Beskikbaar in beide Afrikaans en Engels.

  • Onmiddellike impak: Geen administrasie, verslae of burokrasie nie – verbruikersvriendelik, direkte toegang vir leerders.

  • Sigbare welwillendheid: Borge word op die Blikbrein-platform en sosiale kanale erken.

Kies jou impak

Beginnerspakket

R30 000jaarliks
  • 50 leerders

Groeipakket

R55 000jaarliks
  • 100 leerders

'Legacy-pakket'

R100 000jaarliks
  • 200 leerders

Impakpakket

R225 000jaarliks
  • 500 leerders

Hoe werk die Blikbrein Skoolpakket

Sodra ‘n maatskappy ‘n skool deur Blikbrein borg, kry die skool toegang tot ons volledige Wiskunde-platform vir die aantal leerders wat in hul pakket ingesluit is.

Eenvoudig. Deursigtig. Kragtig.

1

Jy kies ‘n borgskapvlak
Besluit hoeveel leerders of skole jy wil ondersteun.

2

Ons aktiveer die toegang
Blikbrein bied volle platformtoegang aan u geborgde leerders.

3

Jy maak ‘n verskil
Leerders kry selfvertroue en verbeter hul Wiskunde-begrip.

Gereed om 'n verskil te maak?

Help leerders om toegang te kry tot die Wiskunde-onderrig wat hulle verdien. Borg vandag nog 'n skool of groep.
Borg Nou