BLIKBREIN het vanuit ‘n idee na ‘n eerste video gegroei. Gou het ek besef dat hierdie ‘n baie effektiewe manier is om ‘n leerder by sy/haar huis met wiskunde te help.

Ek was vir 7 jaar ‘n voltydse wiskunde-onderwyseres. Tans bedryf ek MATH4ALL in Stellenbosch. Met meer as 20 jaar se ervaring in onderrig en vele suksesverhale, is dit vir my fantasties om my kennis en ervaring op ‘n bekostigbare manier met enige kind in enige deel van Suid-Afrika te deel en beskikbaar te stel.